Big Five lodge

THE BIG FIVE LODGE

Die ware Afrika 10 minute van die sentrale besigheidsdistrik in Gaborone.

TUISBLAD
ENGLISH
TEL +27 (0) 21 855 0395
BOTSWANA LODGES NAVRAE ANDER LODGE OF HOTEL
 

Jy kan nou die avontuur van alle Afrika-avonture in Gaborone, Botswana beleef, deur tuis te gaan by die Big Five hotel. Sluit by hulle aan om die prag, rus, gerief en luukse omgewing wat die Big Five bied, te geniet.

Die grasdak- chalets is ruim, lugversorg en het en-suite badkamers. Al 38 kamers (enkel-, dubbel- of gesinskamers) is toegerus om aan die behoeftes van selfs die mees uitsoekerige gas te voldoen.

Die Big Five Lodge is tien minute van die sentrale sakegebied, naby die lughawe in Gaborone – die hoofstad van Botswana.

Die kamers is individueel ontwerp en met natuurlike kleure en tekstiele versier om ‘n warm en elegante atmosfeer te skep.

Ontspan by die swembad by die Big Five Lodge of geniet ‘n maaltyd of drankie in die restaurant en kroeg. Die Big Five Lodge is trots op hul uitstekende diens.

Al die kamers is lugversorgd en het satelliet-TV en telefoon. Veilige parkering is eksklusief vir die gebruik van gaste beskikbaar.

Die Big Five Hotel is net die plek vir diegene wat Afrika wil ondervind terwyl hulle in ‘n stad tuisgaan.

Big five Lodge swimming pool

 

Big Five Lodge chalets Big Five Lodge twin rooms
Big Five Lodge Double room Big Five Lodge Gaborone bathroom

ANDER LODGES IN BOTSWANA

Die naaste Cresta Lodge aan Big Five Lodge is Gaborone Cresta Lodge in Botswana. As jy noord ry van Big Five Lodge kan jy na die Chobe gebied gaan en jy sal vind dat Toro Lodge 'n bekostigbare alternatief is op die walle van die Choberivier in Kazangula. As jy selfsorg eenhede verkies kan jy Senyati Safari Camp oorweeg.

NAMIBIE

As jy in Botswana is en jy ry dalk na die noorde toe, is dit die moeite werd om die Caprivi in Namibie te besoek. Caprivi Akkommodasie sal jou help om verblyf in die Caprivi te kry. Jy kan dalk ook dink aan Swakopmund Hotels

MOONTLIKHEDE IN SUID-AFRIKA

Met die finansies wat deesdae dalk al hoe meer knyp, begin al hoe meer Suid-Afrikaaners plaaslike moontlikhede oorweeg. Bains Game Lodge is naby Bloemfontein in die Vrystaat.

ZIMBABWE LODGES

Zimbabwe is weer oop vir die wat 'n vakasie daar wil geniet. As jy vanaf die Big Five Lodge ry kan jy maklik in Zimbawe wees dieselfde middag. Granite Ridge bied selfsorg eenhede in die Matobos Nationale Park in Zimbabwe. Victoria Falls in Zimbabwe bied weer akkommodasie in een van die avontuurlikse plekke in Afrika. Daar is hotelle om te kies en keur en baie aktiviteite. Fothergill Island is weer 'n luukse lodge in die Kariba meer in die Matusadona Nationale Park in Zimbabwe. As jy Harare besoek sal Temba Harare Cresta Lodge aanbeveel